Ek wonder soms

Ek wonder soms wat my doel is vir hierdie lewe?

Het ek my kant gebring as ñ dogter, ñ suster, ñ ma, ñ vrou of n kollega? As my tyd op is sal mense dan vir my sê ek het goed gedoen? Sal die mense op my fb muur boodskappe skryf.

Ek lê hier in die bed en my kop is weer in overdrive, klaasvakie het seker al klaar gaan drink, want hy het heelwaarskynlik van my vergeet.

Ek sal maar van voorgeskrewe sand gebruik maak om my gedagtes af te sluit.

Dus nie maklik om jou gedagtes vir jouself te los die tyd van die aand nie. Dus mos juis die tyd wanneer mens lê en top oor banaalhede….eish ek weet nie eers of daai die korrekte afrikanse woord gebruik is nie.

Ek is soms baie ondankbaar, ag somme vir alle daagse klein gebare wat ek nie raak sien nie of dalk nie wil raak sien nie.

Ek is soms selfsugtig want wie se tyd is nou meer kosbaar as ñ moeder se tyd.

Soms wil ek net by die huis kom in die bad klim en direk in die bed klim sonder ñ moerse gemoan en groan.

Vandag was ek bevoorreg om a af daggie vir myself te hê.

Ek lê en besef vanaand hoe dankbaar en geseënd ek werklik is. Ek haal my hoed af vir enkel moeders of enkel ouers, ek dink spesiaal aan die koerant dame wat elke oggend sou voor dag opstaan net voor die brug om koerante te verkoop en al koop jy nie een nie groet sy elke persoon wat verby haar ry.

Ek dink aan die boemelaar wat in die kop geskiet was gedurende rooftog of so iets sy storie verander daagliks maar die skiet merkop die kop is bewyse dat die man deur die lewe vergete is.

Ek dink aan die kinders wat vanaand nie n lê plekkie het nie of nie eers n kombers het nie. N stukkie brood is vir party mense soos Hemels kos.

Ek dink aan die Oom wat op straat slaap hy vra nie vir klere, skoene or komberse nie hy aanvaar slegs n bord kos.

My Hart is seer vir die mense en is opnuut dankbaar vir al my seëninge.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s